Drome. Ons almal het dit.

Maar rerig.

Ek kan nou al sien hoe ek einde se kant toe kan staan met die nagmerries.  Net jammer my onderbewussyn het duidelik iets teen my sanity.

Kom ons plaas die blaam op die pille.

Gisteraand weer. Ek en Vroulief en ‘n goeie vriend is by die see.  Alles gaan lekker. Totdat ons op die strand is en sien: Daar val Atoombom se kind daar in die see.

Mushroom cloud en all ek sê.

Waters wat opstoot en die Vriend wat reken: “Hier moet ons wegkom voor ons verdrink!”

So gemaak. So gedaan.

Volgende oomblik is ons iewers in iemand se huis, en kyk ek uit na die wolke wat sommer nou so diep donker kleur aan hulle kry soos die atoom reaksies plaasvind.

My hart en siel is stukkend. Ek weet nie wat gaan gebeur nie.  Gaan ons almal nou stadig maar seker doodgaan van radiation poisoning of wat?

Die meeting met die superheroes gaan nie goed af nie. Captain America en Iron Man baklei oor iets. Batman is ook daar, maar die ander twee wil nie hê hy moet help nie.

En ek sê vir hulle: “Mense, Batman HOEF ons nie te help nie, maar hy wil! Wat is julle probleem?”

Ek skuif terug na Vrou toe, waar sy op die bank sit. “Wat gaan van ons word?” vra ek haar.

Terug in die werklike lewe word ek wakker met ‘n slag!

“Het jy dit gehoor?” vra Vrou hier langs my. “Dit het geklink soos iemand wat boor. Ek het dit vier keer gehoor!”

Dankie.

Waar my hart nou-nou by my keel wou uitspring van die nagmerrie val hy sommer by my poepholletjie uit soos ek try en wonder en luister na die mense wat my brein vertel, by ons wil inbreek.

Ek hoor niks. Die hond blaf nie. Is hy dalk dood? Is die kar gesteel? IS ONS VOLGENDE???

Saggies snork die vrou hier langs my.

Dankie, Lief. Ek het die lewens tereur nodig gehad.imagemercy

Stort gedagtes…

Die probleem met wonderlike idees op my ouderdom is dus: As ek nie die damn goed neerskryf nie, vergeet ek dit!

Gisteraand toe ek in die stort staan, al huilend oor die shampoo wat ek in my oë laat kom het, het ek hierdie wonderlike idee gehad vir ‘n blog post.

Ek het nogals so paar gedagtes gehad wat ek dink nodig was om te share.

En toe gaan slaap ek en word wakker en nou is alles vergete.

Ouderdom, jou vieslike ou ding!

BP5lbcJCMAAwKnr

Siek

1459301386-47e8fe0c9b02904d6fe2e361caa725ea

Kyk, ek weet nie of dit in ons gene is of nie.

Maar ek is een van daai mans: As ek siek is, dan is ek SIEK en grens aan dood. En dan is dit net ‘n ou kuggie van ‘n verkoue. Oorle Pa sou gereken het ek is een van daai moffies, te fyn en delikaat vir die wêreld, nie een wat van ander mans hou nie.

Maar vanaf Maandag het ek hierdie ou seer lyfie en koppie wat dik voel, en jy weet mos: Kyk jy vir die kombers vrek jy van die hitte, klim jy nie onder hom nie vrek jy van die koue.

Slaap kom ook moeilik. Ek lê en luister na Lene Marlin se gerouklaag oor die CD speler. Gewoontlik een liedjie en ek saag balke. Die keer moes ek aanhoor hoe geen van Lene se sleepsels omgee nie, haar teddiebeer het haar verlaat en haar ma skop die kokketiel.

Happy stuff.

Twee uur vanmore word ek wakker. Keel so droog soos ‘n Zuma speech en blaas so vol soos, wel, ‘n vol blaas. (Is daar iets ergers wat druk aan ‘n mens as ‘n vol blaas?)

Gelukkig hou ek kop by stuk en slaan water in die toilet af en slaan die glas water in my keel af. Anders het ek in die glas gepie en uit die toilet uit gesuip.

Eeennnnn slaap kom weer nie. Drie uur kom.

Dink ek aan die storie wat die Pastoor eendag vertel het:

Tannie Sannie het so gesukkel om te slaap.  Toe reken Pastoor mos: “Tannie, as jy sukkel om te slaap bid net!”

So bid Tannie Sannie die een dag, en val sommer dadelik aan die slaap. Lyk my ou Niek, Satan, Duiwel, like nie as ons bid nie, so hy laat ons eerder slaap.

Ha.  Ek wens.

Dalk hou die Here my wakker om op te maak vir verlore bid tyd????

 

 

 

I was only dreaming.

Miskien kan dies wat langer in die lewe as ek is dalk so bietjie help hier.

Hier is die storie.

Nou die aand droom ek, soos ek baie male al gedroom het van hoe ek try weghardloop vir iets. Kan rerig nie onthou wat dit was nie, en nee, ek het nie bevestiging nodig dat die geheue die eerste ding is wat groet as jy nou begin oud word nie.

Nee.  Die ding is net, ek word wakker, en vind myself in die bed, op my sy besig om te try ‘weghol’ van wat dit ookal was wat my jaag.  Jy weet mos, soos daai video van die hond wat droom hy jaag karre en dan hardloop hy ook so… En tjank en blaf.

Ek het ook eendag wakker geword, en net gesien hoe ek my arme vrou in die oog pot. Ook van ‘n droom af.

Die ergste was nogals verlede week.

Ek droom ek, Skeletor is ‘n speurder. Oppad huis toe lui my foon.

Dis die mafia.

Hulle wil hê ek moet informant speel, bewyse laat verdwyn en dies meer. Upstanding member of society wat ek is, weier ek botweg.

“Nee wag,” reken Mafia Baas. “Ek sal jou oortuig.”

Kom ek by die huis aan, wag daar ‘n dame op die gras vir my. Skaars geklee en LUS VERBY!

Voor ek my kon kry is ons die slaapkamer. Net jammer daar is klaar ‘n wit man en ‘n pragtige swart vrou wat besig is om te werk aan rasseverhoudinge.

Gryp ek die man aan sy enkels, trek hom pens, pootjies en roer uit die girl uit, gooi hom eenkant toe en well, gebruik jou verbeelding. Haak ek en die girl (wat in die tussentyd in hierdie stunning brunette verander het) af en shag ek haar vir ‘n wen en ‘n plek.

Ook net om weereens wakker te word, besig om die wildste pelvic thrusts daar langs my vrou te doen (is seker waar ek my rug so seergemaak het, nou dat ek mooi daaraan dink.)

Ek het nooit in my slaap geloop as kind nie.

Is ek besig om mal te word of is dit deel van die ouderdom wat nou kom?

sea_at_dusk_by_ilolamai-d5d5zbyNo pun intended.

 

 

Deja hoe nou?

Een ding wat ek nogals snaaks vind van myself is hoe ek altyd van daai gevoel van deja-vu gehou het.

Daai oomblik wat jy kan sweer jy het al die situasie beleef en dan sommer net so POEF! En dis weg.

Deesdae though is dit die grootste tereur aanval wat my brein op my brose siel kan loots. Dis dan wat ek weet hier kom poef, sommer so met die grawe vol.

Dis dan wat die droom kom, en daai angs wat jou testikels met ‘n snoeisker knyp.

Vanoggend was ek oudergewoonte vroeg uit. Kar uit te trek vir die 80km sloer werk toe. Die koue begin so bietjie vat-vat aan my bakkies, maar nog nie trui waardig nie.

In die verte hoor ek ‘n trok. En my brein rol terug. Na ‘n tyd toe ek as klein seuntjie my broer se bruin oop-zip trui aangetrek het. Die trui was heeltemal te groot gewees, maar dit was my oudste broer s’n. Hy was cool so ek was cool.

Ek was buite. Die winter in volle swang. Gras wit geryp. Wolke so oranje kleur van die son wat dreig om op te kom.

Ek het gesukkel om die garage deur oop te kry. Ek wou my fiets hê.

Maar daai garage deur wou net nie oop nie.

Ek het omgedraai, na die hek gekyk.

En in die verte het ek die gefluit van ‘n trein gehoor.

Vanoggend weer het die trok my laat terugdink aan die dae van die trein. Daar was Deja-vu.

En vir ‘n oomblik het ek gedink dis nog ‘n aanval.

Totdat ek besef het: Al wat dit is, is ‘n herhinnering. Van ‘n tyd wat ek nie weer wil deurleef nie, maar wat ek tog bly is om te kon gehad het.

Ek gaan okay wees…

C2hHvOZXUAAaqJk

Who knew?

Gisteraand se trippie huis toe was bad. Ek het my Ativan onder die tong gedruk en gewag dat die kalmte my moet oorvat.

Nes die ongeluk, die duiwel en Donald Trump dit wou hê, skop die pilletjie nie so dadelik in soos wat dit moet nie.

Gelukkig by die huis aangekom, storm die Boston Tereur soos oudergewoonte op die kar af, spring met ‘n gevaart van spoeg en opgewondenheid die kar binne nes ek die deur oop maak en, sonder dat ek vra, french kiss die hond my, tong en al.

En druk eers sy hol in my gesig in.

Want niks sê welkom terug soos ‘n hond se vars gepoepte agterstewe in jou neusholtes op nie…

Anyhow, angs maar nog steeds waar dit is (skyhigh) maak ons kos, eet en kyk na Jennifer Love Hewitt se boobs, die sterre in die reeks The Client List.

Vroutjie moet gaan hare was.

Ek staar na die TV.

Wat sal ek doen?

Niks om te kyk nie. 900 kanale en niks om te kyk nie.

Gaan speel maar ‘n game.

Ghost Recon.

Land my span se helikopter reg in die middel van ‘n vyand villa. Kort firefight later gaan gryp ek die dwelm smokkelaars luitenant by die volgende villa 300 meter verder die pad af.

Kry die inligting wat ek nodig het, nog meer missions.

Skakel die rekenaar af. Gaan kamer toe.

Die rustigheid vanself…

 

OK

So die pille werk nog nie.

Nee wat. Vrydagoggend word ek luilekker wakker. Naweek om na uit te sien. Video games te speel, vrou om baie lekker tyd mee saam te bring.

Maar nee.

Kaptein Angs en sy 7 Handlangers het ander planne.

Die eerste aanval gekry toe ek wakker word. Een oppad stort toe en twee so deur die dag by die werk.

Saterdagoggend toe ek voor die rekenaar sit en werk nog een.

Sondag? Sondag kan ek nie onthou nie.

So Skeletor se anxiety levels is hier hemelshoog. En die ergste van als is, maak nie saak wat ek dink of doen nie, of selfs glo nie, die lewe is een groot moëe angstigheid.

Ek wil slaap. Vir ‘n week.

Net hierdie tyd verby kry dat die anti-depressante wat die dokter gegee het kan inskop. Die angs gatskop.

En ek kan aanhou skop.

Ek is lief vir hierdie lewe op aarde. Ek wil dit nie mis nie.

Ek wil deelwees. Meemaak. Droogmaak.

Terugkyk en sê: Jolly Good Show Chaps!

C1OcDmYWIAAM-_hC1OxO7VWIAA0nGe.jpg largeC1Pg3b3WgAAfvSm

Aanvalle

Sug. Katkots op jou troukoek.

Dis die beste wat ek die ding kan beskryf vandag. En moeg. So. Bloody. Moeg.

Ek voel ek kan slaap vir ‘n week.

Die pille. Ek het altyd gedink die pille sal nie dadelik inskop en werk nie. So ons hou maar uit vir nog ‘n maand.

Kan ek gaan slaap vir ‘n maand????f77ed46d15e82dfdb68ac852d6430c74

Horsepital

Ja nee. Perd siektes word daar behandel.

Ek het vanaand die voorreg om myself as kuier gas te bevind by die plaaslike hospitaal.

Darem nie as pasient nie. Maar net besoeker.

Ek wonder of my pa se foto nog teen die muur is daar. Seker nie. Dit is tog al die eerste Paasfees na sy dood, en die laaste een wat hy gehad het. Wel, ek wonder of het hy toe al geweet daardie Paaseier gaan een van die laastes wees wat hy eet, indien nie die laaste een nie.

Ek dink nogals baie daaraan. Wat sal ek doen as ‘n dokter vir my moet sê ek het 3 maande oor om te leef.

Sal ek lag? Huil? In ‘n patetiese bondeltjie verval en net daar lê en jammer voel vir myself?

Wow.

Dis duister gedagtes.

In ander nuus. Ek dink my nuwe pilletjies het een groot newe effek. Dit maak die pens vra vir kos.

BAIE kos!

Eet nou die aand ‘n wa-vrag vol spaghetti, Magnum roomys, nog Spaghetti en seker ‘n liter Cream Soda saam met die kos.

Nee ek lieg. Coke.

Sorry ma. Ek breek al weer die rëels.43d08d6c32b21cdd6e4cf7e04d1ba3af